- GEHOORSAAMHEID | OBEDIENCE
- EERLIKHEID | HONESTY
- VERANTWOORDELIKHEID | RESPONSIBILITY
- RESPEK | RESPECT
- OMGEE | CARE
REGISTRASIE | REGISTRATION
Doen aanlyn aansoek vir jou kind se plek by Laerskool Pionier.
Apply online for your child's place at Laerskool Pionier.
Belangrik | Important
Hierdie is ’n AANSOEK OM TOELATING VIR DIE WAGLYS.
Dit beteken NIE dat jou kind ’n plek by Laerskool Pionier het nie. Toelating is onderworpe aan beskikbaarheid van plek.
Die finale registrasievorm word deur die ouers in persoon by die kantoor afgehaal nadat die keuringsproses afgehandel is. Aansoekers word per SMS of telefonies in kennis gestel na die sluitingsdatum.
This is an APPLICATION FOR ADMISSION TO THE WAITING LIST.
It does NOT mean your child has a place at Laerskool Pionier. Admission is subject to the availability of space.
The final registration form is collected by parents in person at the office once the selection process is complete. Applicants are notified by SMS or phone after the closing date.
DOKUMENTE BENODIG | DOCUMENTS NEEDED
Dokumente benodig vir registrasie
- Leerder se geboortesertifikaat
- Kliniekkaart (immuniseringskedule / bewys van inenting)
- Beide ouers se ID-dokumente
- Huweliksertifikaat (indien ouers se vanne van die ID's verskil)
- Huiseienaars: Nuutste water- en ligterekening van Sema/Eskom
- Huurders: Nuutste wettige huurooreenkoms tussen verhuurder en huurder — moet gewaarmerk wees
- Huurders: Gewaarmerkte kopie van die verhuurder (eienaar) se ID-dokument
- Salarisstrokie (persoon verantwoordelik vir skoolfonds)
- Nuutste rapport van die huidige skool
Slegs wettige, gewaarmerkte (gesertifiseerde) huurooreenkomste sal oorweeg word, en die verhuurder se gewaarmerkte ID moet aangeheg wees. Handgeskrewe ooreenkomste en munisipale verklarings of briewe van verblyf word NIE aanvaar nie. GEEN aansoek sal aanvaar word sonder die bogenoemde dokumente nie.
Documents needed for registration
- Learner's birth certificate
- Clinic card (immunisation schedule / proof of vaccination)
- ID documents of both parents
- Marriage certificate (if parents' surnames differ from those on the IDs)
- Homeowners: latest water and electricity account from Sema/Eskom
- Tenants: latest legal lease agreement between lessor and lessee — must be certified
- Tenants: certified copy of the lessor's (owner's) ID document
- Salary slip (person responsible for school fees)
- Latest report from the current school
Only legal, certified lease agreements will be considered, and the lessor's certified ID must be attached. Handwritten agreements and municipal affidavits or letters of residence are NOT accepted. NO application will be accepted without the above documents.
Aanlyn Aansoek | Apply Online
Voltooi die volle registrasie aanlyn — teken in met jou e-pos, laai dokumente op, en onderteken digitaal.
Complete the full registration online — sign in with your email, upload documents, and sign digitally.
Neem asseblief kennis dat hierdie aansoek onderhewig is aan beskikbaarheid van plek in die graad waarvoor aansoek gedoen is. Dien asseblief ook aansoeke in by ander relevante instansies.
Vir enige vrae of navrae, kontak: registrasies@pionier.org
Please note that this application is subject to the availability of space in the grade applied for. Please apply at other relevant institutions as well.
For any questions or queries contact: registrasies@pionier.org
